Puma Energy Namibia deel langtermyn sonkragplanne

Die hoofbestuurder van Puma Energy Namibia Adell Sameulson sê hulle is trots op die 24 sonkragprojekte wat by hul vulstasies en depots geïnstalleer is. Die installasies vorm deel van Puma se planne om teen die einde van die jaar meer as 200 sonkragprojekte regoor die wêreld te ontplooi, met ‘n globale koolstofbesparing van 9 815 ton. Puma is daartoe verbind om hernubare energie-oplossings te lewer met ‘n teiken 15 persent minder kweekhuisgasvrystellings teen die einde van 2025. Sameulson sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat hul lang termyn planne van die projek is.