Ramaphosa: Suid-Afrikaners sal steeds toelae ontvang

President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortgaan om toelaes aan Suid-Afrikaners te verskaf. Ramaphosa het tydens ‘n formele sitting van die Nasionale Raad van Provinsies op die Ugu-sportsentrum in KwaZulu-Natal gesê die program sal die lewens van miljoene Suid-Afrikaners verbeter.