Psemas-uitgawes oorskry dit wat in die privaatbedryf waargeneem word

Die Namibiese ministerie van finansies het ‘n kennisgewing aan alle Psemas-belanghebbendes gestuur oor die voortgesette en onvolhoubare eskalerende trajek in die fonds se uitgawes. Die uitgawes oorskry die tendense wat in die private mediese fondsbedryf waargeneem word. Die ministerie se woordvoerder Wilson Ashikoto het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…