Kalumbi doodstil oor besluit oor tiener-inentings

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalulmbi Shangula wou geen kommentaar lewer oor die besluit van kabinet in verband met die inenting van kinders tussen 12 en 18 jaar oud, teen Covid nie. Dit volg nadat die uitvoerende direkteur Ben Nangombe bevestig het dat hulle ‘n voorlegging gemaak het in die verband. Shangula sê daar sal die week nog uitspraak gelewer word.