Positiewe koers in Namibië 7,4%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 158 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, ‘n positiewe koers van 7,4%. Windhoek het 112, Lüderitz 11, Walvisbaai 10, Gobabis 6, Swakopmund en Rehoboth 4 elk en Okahandja 3. Die res kom landwyd voor. Dit sluit 23 studente, 13 leerders, agt gesondheidswerkers en drie onderwysers in. Daar is steeds 679 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 796. Die totale sterftesyfer is tans 3 574 en die herstelkoers staan nou op 96,6 persent. Tot nou het 376 808 mense ‘n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 317 645 ten volle ingeënt is.