Europese lande oorweeg samentlike diplomatieke missie in Afghanistan

Die Franse President, Emmanuel Macron, sê verskeie Europese lande oorweeg om ‘n gesamentlike diplomatieke bestemming in Afghanistan te open. Hy beklemtoon dit beteken nie Taliban word as regeerders erken nie. Die Taliban het Afghanistan in Augustus oorgeneem net toe Amerikaanse magte aan die land onttrek is na ‘n oorlog van 20 jaar. Die Europese Unie het na samesprekings met die Taliban ‘n week gelede in ‘n verklaring gesê hy kan binnekort ‘n bestemming daar open.