Politieke partye in Wes-Kaap wil redes weet van Albert Fritz se skorsing

Verskeie politieke partye in die Wes-Kaap het ‘n beroep op die premier Alan Winde gedoen om sy standpunt oor en rede vir die onmiddellike skorsing van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, te verduidelik. ‘n Lid van die GOOD-party Brett Herron sê die publiek verdien antwoorde en die premier is dit aan die mense van die Wes-Kaap verskuldig om te verduidelik waaroor hierdie skorsing gaan.