Ekonoom verduidelik Bitcoin se drastiese daling

Bitcoin het die helfte van sy waarde verloor sedert sy rekordhoogtepunt in November. Dit het verdere momentum gegee aan die ineenstorting van kriptogeld-eenhede wat die afgelope weke beleef word. Die daling het Bitcoin tot onder die sielkundige vlak van 40 000 Amerikaanse dollar laat tuimel. In geheel het die kripto-geldmark meer as 1 000 miljard Amerikaanse dollar se markwaarde verloor. Ekonoom Cheryl Emvula verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.