Politieke partye in Suid-Afrika voer koalisie- gesprekke

Die leier van die EFF In Suid-Afrika, Julius Malema, sê die onteiening van grond
sonder vergoeding is ‘n noodsaaklike vereiste in koalisie-gesprekke met ander politieke
partye. Koalisie-ooreenkomste moet binne 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing
bekend gemaak is, vasgelê word. Volgens Malema sal hulle net koalisies met partye
oorweeg wat ‘n duidelike plan oor grondonteiening het. Die DA het intussen 11
voorwaardes gestel in ‘n voorlopige koalisie-ooreenkoms. Die party wat in
koalisiegesprekke met die DA wil tree moet alle vorme van patronaatskap, neopotisme
en selfverryking verwerp.