100 miljoen per maand se olie glo by Eskom gesteel

Twee werknemers van Eskom en een van sy verskaffers is in hegtenis geneem en
aangekla van diefstal, bedrog en korrupsie. Dit hou verband met die verdwyning van
onderdele by die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga. Nog vier ander verdagtes sal na
verwagting volgende week in hegtenis geneem word. Die saak is maande lank intern in
samewerking met wetstoepassers in Mpumalanga ondersoek, en bedra miljoene rand.
Eskom sê hy het ook ‘n olie-misdaadsindikaat by Tutuka vasgetrek wat sowat 100-
miljoen-rand se olie per maand gesteel het.