Siya oor vanaand se kragmeting

Rugby: Die Springbokkaptein Siya Kolisi beskou Wallis as moeilike teenstanders, omdat
hulle die volle 80 minute voluit speel. Die wêreldkampioene kom vanaand in Cardiff teen
die Walliese span te staan. Suid-Afrika se rekord in die Walliese hoofstad is egter swak.
Hulle het vier opeenvolgende toetse in Cardiff verloor en het laas agt jaar gelede met
24-15 gewen. Kolisi sê dis vanaand tyd om die bordjies te verhang.