Polisiehoof sê Nampol en sekuriteitsmaatskappye moet nouer saamwerk

Namibië ervaar meer gevalle van rooftogte wat verband hou met sekuriteitsmaatskappye wat beroof word. Die jongste voorval het op Swakopmund in die Erongo-streek plaasgevind toer sekuriteitswagte die verdagtes in die rooftog was. Daar is vrae oor hoe hierdie tipe rooftogte plaasvind. Het sekuriteitsmaatskappye die nodige maatreëls in plek om nie net die veiligheid van geld, maar ook menselewens, te verseker. Hoe weet misdadigers dat sekuriteitsmaatskappye op ‘n spesifieke dag geld vervoer? Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy wens vir beter samewerking tussen die sekuriteitsmaatskappye en die polisie.