Slowenië skort Johnson & Johnson op ná jong vrou se dood

Slowenië het die gebruik van Johnson & Johnson se koronavirus-entstof opgeskort terwyl die dood van ‘n 20-jarige vrou ondersoek word. Die land se minister van Gesondheid, Janez Poklukar, sê die skorsing bly van krag totdat kenners vasgestel het of daar ‘n verband is tussen die vrou se dood aan ‘n beroerte en die inenting wat sy twee weke tevore gekry het. Slowenië het die inentings aanbeveel vir alle mense bo 18 terwyl sommige ander lande dit tot ouer mense beperk.