Forum van Duitssprekende Namibiërs wil gaping van ongelykheid in Namibië verklein

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs het aangebied om minderbevoorregte Namibiërs en die regering te help om die gaping van ongelykheid in Namibië te verklein. Dit is deur die forumvoorsitter, Harald Hecht, gesê toe lede van die groep vandag met President Hage Geingob en kabinetsministers by Staatshuis vergader het. Hecht het gesê Duitssprekende Namibiërs is afwesig in die Namibiese samelewing en dat hulle nie daagliks deelneem aan gesprekke oor kwessies wat Namibiërs raak nie. Daarom wil die forum hê dat alle Duitssprekende Namibiërs na vore kom en die regering help om ongelykheid aan te spreek en ‘n samelewing bou om mekaar te help. Hecht het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.