Perdeman van Ceres behaal hoogste kwalifikasie

‘n Perde-versorger van die Wes-Kaap het die hoogste kwalifikasie vir perdestalbestuurders in die perde-stoetbedryf in Suid-Afrika behaal. Die 45-jarige Stoffel Mouton van die Ceres-distrik het onlangs sy verdere beroepsopleiding-assesserings op NKR-vlak 5 voltooi. Hy sê hy het ‘n liefde vir die diere ontwikkel en werk sedert hy skool verlaat het, met hulle. Hy het jongmense wat met perde wil werk, aangemoedig om nie hul drome prys te gee nie en om te weet, met harde werk word groot sukses behaal.