Beurtkrag saai chaos by pluimveeboere in Gauteng

Die DA in Gauteng sê die pluimveebedryf in die provinsie staar talle uitdagings in die gesig weens die voortslepende kragonderbrekings en dit word vererger deur stygende lewenskoste. Die party het met die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vergader om vas te stel presies watter probleme die hoë beurtkragvlakke in hulle bedryf veroorsaak. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê hulle het tydens die bespreking besef die slagprogram word tydens fase vyf-beurtkrag onderbreek: