Paul Ludik sterf na kort siekbed

Die voormalige hoof van Nampol se forensiese instituut, dr. Paul Ludik, is oorlede na ‘n kort siekbed. Ludik, ‘n forensiese pataloog, het na jare se diens aan die einde van Augustus 2020 uit mag uitgetree en is deur kommissaris Nelius Becker vervang. Ludik het bekendheid gewerf met sy werk in 2007 op die sogenaamde B1 Butcher-saak. Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het hom as geniaal beskryf. Hy laat sy vrou Susan, en sy twee seuns Stefan en Hugo, agter.