N$306 000 se kokaïen by Hollander gevind

Die Erongo-polisie sê ongeveer 306 000 Namibiese dollar se kokaïen is in die motor van die Hollander Roland Masolijn gevind. Voorlopige berigte na Masolijn se skietdood Maandagmiddag op Swakopmund het aangedui dat daar dagga in sy voertuig gevind is maar hoofinspekteur Ileni Shapumba het nou bevestig dat daar wel 510 gram kokaïen gevind is, saam met drie selfone en 120 bokse ammunisie. Masolijn, ‘n veroordeelde moordenaar in Holland was bekend in daardie land se misdaadsirkels. Shapumba het ook bevestig dat die motor en die vuurwapen beide gelisensieer was in Masolijn se meisie, wie se identiteit steeds onbekend is, se naam. Hy was volgens berigte ook drie jaar onwettig in die land.