Celine Dion verloor beheer oor haar spiere

Die Kanadese sangeres Celine Dion se toestand het volgens berigte verder verswak. Sy het in Desember verlede jaar bekend gemaak dat sy aan Moersch-Woltman-sindroom ly. Die toestand het kenmerke van ‘n outo-immuunsiekte en simptome sluit onder meer in spierspasmas in. Sy het destyds gesê dit raak ook haar stem. Haar suster Claudette het bekend gemaak dat Dion beheer oor die werking van haar spiere verloor het.