Parlement sloer oor lot van Air Namibia-werknemers

Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het ‘n raadplegende vergadering met voormalige werknemers van Air Namibia gehou. Die vergadering volg ná twee petisies wat ontvang is van ontevrede werknemers van die bankrot nasionale lugdiens. Die voormalige werknemers wil hê die komitee moet belanghebbendes ontbied om onder meer die vertragings in die betaling van hul skeidings-pakkette te verduidelik. Hulle is ook ontevrede omdat die parlement nie dringend hul lot aangespreek het nie. Air Namibia is in 2021 amptelik gelikwideer weens aansienlike skuld van meer as 3 miljard Namibiese dollar nadat die regering besluit het hy kan nie meer die lugdiens onderhou nie. Meer as 600 werknemers is geraak. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, ‘n voormalige werknemer van Air Namibia gesels…