Panda-tweeling in Frankryk gebore

Twee panda bere is by die Beauval-dieretuin in Frankryk gebore. Die dieretuin het vanoggend die aankondiging gemaak en sê albei is gesond. Hulle ma, Huan Huan en haar ‘vriend’ Yuan Zi het reeds in 2012 vanaf China by die dieretuin aangekom. Die tweeling weeg elk ongeveer 120 gram en sal nog baie moet groei voor hulle die 125 kilogram wat ‘n volwasse panda beer weeg.