Paddington-bere vir koningin na liefdadigheids-organisasies

Koning Charles van Brittanje se vrou, Camilla, het persoonlik dosyne Paddington-bere by ‘n liefdadigheidsorganisasie vir kinders in Londen afgelewer. Barnardo’s Nursery is die nuwe tuiste van die speelgoed wat weldoeners as ‘n huldeblyk aan wyle koningin Elizabeth neergesit het. Roubeklaers het ná die koningin se dood in September meer as ‘n duisend Paddingtons en ander teddiebere tussen die massas blomme, huldeblyke en boodskappe voor paleise en koninklike parke in Londen en Windsor geplaas.