M23 wil direk met regering gesels

Die Demokratiese Republiek van die Kongo se M23-rebellegroep sê hy wil direk met die regering praat nadat die Kongo se president en ander Afrika-leiers ‘n wapenstilstand ooreenkoms onderteken het wat daarop gemik is om aanvalle deur die burgermag te stop. Leiers van die Kongo, Rwanda, Burundi en Angola het vandeesweek in Luanda vergader om ’n oplossing te vind vir die konflik in die ooste van die Kongo, wat duisende ontheem het. Die ooreenkoms dwing ‘n wapenstilstand af. Maar, M23 was egter nie deel van die besprekings nie en het van die verklaring op sosiale media uitgevind, sê sy woordvoerder. Die rebelle het streeksleier bedank vir hul pogings om ’n vreedsame oplossing vir die huidige konflik te vind maar vra direkte onderhandelinge met die regering om die hoofoorsake van konflik op te los.