Groot verwagtinge vir Langer Heinrich

Daar word verwag dat die Langer Heinrich-myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Sy eienaar, die Australiese uraanprodusent Paladin Energy, sê die myn is op koers om ‘n beduidende speler in die nabye toekoms te wees. Die maatskappy sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 met produksie in Namibië begin nadat sy myn in 2018 onder sorg-en-instandhouding geplaas is weens ‘n afname in uraanmarktoestande. Met die internasionale energie-krisis en die herstel in die uraanprys, is die myn goed geposisioneer om uiters suksesvol te wees. Een uraan brandstofkorrel, die grootte van ‘n vingerpunt, skep soveel energie soos een ton steenkool.