Paddington Bear kry sy eie posseël op 65ste verjaardag

Die koninklike posdiens in Brittanje het spesiale seëls bekend gestel om Paddington Bear se 65ste verjaardag te vier. Die Peruviaanse beer het die eerste keer as karakter in Michael Bond se klassieke 1958-boek, A Bear Called Paddington, verskyn. Hy was die afgelope jare ook ‘n ster in flieks met Ben Whishaw wat ‘n  stem aan sy karakter gegee het. Die fliekweergawe van die beer het verlede jaar saam met koningin Elizabeth op ‘n skets verskyn ter viering van haar platinum-jubileum. Paddington Bear sal op tien posseëls verskyn waarvan ses van Ivor Wood se strokiesprente kom.