Pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund weens vloede gesluit


Weens die stygende vlakke van die Oranjerivier het die Paaie-owerheid aangekondig dat pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund met onmiddellike effek gesluit is, tot verdere kennisgewing. Toegang op hierdie roete sal slegs aan nooddiensvoertuie verskaf word, indien watervlakke dit toelaat. As ‘n voorsorgmaatreël word padgebruikers aangeraai om intussen die roete oor die grens na Suid-Afrika by die Swartkops-hek te gebruik. Namdeb is steeds besig met werke aan die private pad tussen Oranjemund en Lüderitz en die publiek sal ingelig word wanneer dit  oopgestel sal word as ‘n tydelike alternatief. Motoriste word dus vriendelik versoek om hul reise daarvolgens te beplan.