Entstof teen koedoe-hondsdolheid sal eers op bokke getoets word

Die Friedrich Loeffler-instituut werk al vir etlike jare om ‘n nuwe entstof te ontwerp wat spesifiek die hondsdolheid-probleem onder koedoes in Namibië aanspreek. Die entstof is reeds deur die instituut op bokke getoets met goeie resultate, volgens die Namibiese Landbou-unie. Die aanbeveling is dat hierdie entstof gebruik word om eers boerbokke in Namibië te toets en indien dit suksesvol is, dat die proewe weer op die koedoes herhaal word. Dit kan moontlik reeds in die eerste helfte van 2023 gedoen word. Indien daar geen suksesvolle resultate is om koedoes oraal in te ent nie, moet daar na ander moontlikhede gekyk word. Die huidige entstof kan gebruik word om jakkalse in te ent. Die projek sal steeds in vennootskap tussen die Lewendehawe Produsente-organisasie en die Universiteit van Namibië gedoen word. ‘n Windhoekse veearts dr. Theuns Laubscher gesels met Kosmos 94.1 Nuus.