Pa vergiftig glo sy seuns met energiedrankies

Die polisie in Gauteng het bevestig die pa van drie seuns van Ratanda naby Heidelberg wat dié week dood is nadat hulle na bewering met energiedrankies vergiftig is, sal teregstaan op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die pa van vyf is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy blykbaar probeer het om selfmoord te pleeg. Sy sê die vierde seun is in die hospitaal, terwyl die vyfde een nie die drankie gedrink het wat vermoedelik gif ingehad het nie.