Owerheid onderskep skadelike velverligtingsprodukte
Die buurland se Grensbestuursowerheid het ‘n sterk benadering tot grensveiligheid hierdie feestyd verklaar om grensintegriteit te verseker, deur alle hulpbronne te mobiliseer. Dit volg nadat 865 kilogram verbode velverligtingsprodukte en ongeregistreerde medisyne op die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep is. Die owerheid se hawe-gesondheid-span het die goedere op ‘n vlug vanaf Nigerië opgespoor. Kommissaris Mike Masiapato sê die verbode produkte, wat skade kan veroorsaak, sal vernietig word.