Namibiese toerismesektor gereed vir implementering van Trusted Travel Saterdag

Die Namibiese toerismesektor sê hulle is gereed vir die implementering van die Trusted Travel System Saterdag. Die gesondheidsministerie het die Trusted Travel System vanaf 1 Desember 2021 na 15 Januarie 2022 uitgestel, nadat die toerismesektor aangedui het dit sal ‘n impak in die feesseisoen op toeriste na Namibië sou gehad het. Na Saterdag sal slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar word. Herbert Burmeister, uitvoerende hoof van Trip Travel Namibia, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het die stelsel getoets om seker te maak dat toeroperateurs weet hoe dit werk.