SIM-registrasie moet teen Desember ’23 voltooi wees

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê lede van die publiek het nog 12 maande om hul SIM-kaarte te registreer. Verpligte registrasie begin eers op 1 Januarie volgende jaar. Die uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua, sê verpligte registrasie sal op 31 Desember 2023 ten einde loop. Sy sê sy is tevrede met die verloop van registrasie. MTC was veral vooruitstrewend met sy veldtog vir registrasie. Verpligte SIM-kaartregistrasie is ‘n beleid wat deur verskeie regerings regoor die wêreld aanvaar word as deel van pogings om sekuriteitskwessies aan te spreek, misdaad te beheer, en die toepassing van digitale dienste moontlik te maak.