Outa sê die SA-parlement het misluk

Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik doen ‘n beroep op die parlement om voorkeur te gee aan die instelling van die parlementêre hervormings wat noodsaaklik is om staatskaping te keer. Hoofregter Raymond Zondo het hom kritiek op die hals gehaal met sy onlangse opmerkings dat die parlement in gebreke bly om die staatskapingsondersoek waarvan hy voorsitter was, se aanbevelings in te stel. Rachel Fischer van Outa sê dis vandag Internasionale Dag van Parlementarisme waar aanspreeklikheid en deursigtigheid in regering gevier moet word. Sy sê dit herinner Suid-Afrikaners egter net aan die parlement se mislukkings: