Stelsel vir vryhandelooreenkoms moet geïntegreer word

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu het weer die belangrikheid van die vryhandelooreenkoms vir die vasteland beklemtoon. Sy sê die stelsel moet geïntegreer word en struikelblokke moet uit die weg geruim word. Dit, in haar mening, sal die verbintenis van alle Afrika-lande benodig. Die besturende direkteur van High Economic Intelligence, Salomo Hei het sy reaksie in die verband so verwoord.