Ouers verkoop skool-aansoekvorms op die straat

Chaos het by verskeie laerskole ontstaan met ouers wat tans kan aansoek doen vir plekke by skole regoor die land. Pionierspark Laerskool in die hoofstad bly uiters gewild en vanoggend by Orban Laerskool, is persone opgemerk waar hulle aansoekvorms vir Pionierspark Laerskool aan ouers in die ry, verkoop het. Die adjunk-uitvoerende direkteur by die onderwysministerie Edda Bohn, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.