Oud-ombud gesels oor drankmisbruik onder leerders

Reaksie word ontvang op ‘n uitreik in die Oos-Kaap in die buurland in ‘n poging om drankmisbruik onder leerders hok te slaan. Verskeie skole is in die provinsie gekies met ambassadeurs wat onder die leerders aangestel is. Nes Namibië is daar uitdagings met die verkoop van drank op skoolpersele. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-ombud, advokaat John Walters oor die Namibiese stand van sake gesels. Hy sê drank is vrylik beskikbaar.