Oud-ombud berispe GRN oor onderwys-infrastruktuur

Die voormalige Namibiese ombudsman sê die regering moet sy prioriteite regkry. Dit volg ná die onderwysministerie onder skoot gekom vir sy besteding aan infrastruktuur. Volgens die Tender Bulletin is dit die sewende jaar waar daar geen nuwe konstruksie-projekte in die regering se ontwikkelingsbegroting is vir skole of klaskamers nie. Van die ministerie se 43 miljard Namibiese dollar se begroting oor die afgelope drie jaar is net 815 miljoen dollar bestee op ontwikkelingsprojekte met ‘n gemiddeld van 16 persent wat bestee word op leermateriaal en drie persent op pre-primêre onderwys. ‘n Totaal van 84 persent word aan salarisse bestee. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman, advokaat John Walters gepraat…