Oekraïne: Dis goed dat SAOG nie standpunt inneem nie

‘n Kenner in Afrika-politiek het gereageer op die SAOG-troika se standpunt dat hy nie enige standpunt sal inneem in verband met die oorlog in die Oekraïne nie. Namibië het hom ook, soos baie ander Afrika-lande weerhou van enige stemmery by die Algemene Vergadering by die Verenigde Nasies. Dr. Charles Sinkala sê partye tot die oorlog poog om lande te beïnvloed om bondgenote te wees maar, die neutrale standpunt is voordelig vir die vasteland.