Orkaan Hilary op pad na Mexiko, suide van VSA

Orkaan Hilary sal na verwagting kategorie vier-sterkte bereik wanneer dit Mexiko en die suide van Amerika vandag met ʼn windspoed van tot 230 kilometer per uur bereik. Voorspellers verwag dit sal stoom verloor en in ʼn tropiese storm ontwikkel wanneer dit oor die suide van Kalifornië, Nevada, Arizona en Utah inbeweeg. Hilary sal die eerste tropiese storm in agt dekades wees wat Kalifornië tref. Bykans 26 miljoen mense in Amerika is op vloedbystand.