Opul vry na Namibië vir lidmaatskap

Internasionale nuusagentskappe berig dat Opul en sy vennote erg na Namibië vry om lidmaatskap van die groep op te neem. Opul het Angola verloor na die buurland besnoeiings geweier het. Namibië kan die vierde grootste Afrika-produsent van olie word wanneer die miljarde vate in die Oranje-bekken ontgin word. Opul se sekretaris-generaal Haithan Al Ghais sal in die laaste week van April in die land wees. Volgens berigte sou die groep wou sien dat Namibië solank aansluit by sy Handves vir Samewerking en so deelneem aan langtermyn dialoog oor energie-markte.