Opul: Dis net Rusland wat wen

Kenners sê dat die jongste aankondiging in besnoeiings deur Opul en sy vennote net ‘n voordeel vir Rusland inhou. Die besnoeiing van 2 miljoen vate daagliks verteenwoordig 4 persent van Opul se daaglikse teiken van 43,8 miljoen vate per dag. Maar, daar was reeds uitdagings om die teikens te bereik en tradisioneel is lande soos Nigerië en Angola skuldig aan laer produksie as gevolg van swak infrastruktuur en instandhouding. Nou meen internasionale ontleders, Rusland wen met die aankondiging. Yanna Smith verduidelik.

Brent ru-olie het effe teruggesak en verhandel tans teen net minder as 94 Amerikaanse dollar ‘n vat, af van amper 98 dollar wat Maandag aangeteken is.