Opskorting van leerlingtoetse by NaTIS, Walvis

NaTIS in Walvisbaai het alle nuwe besprekings vir leerlingrybewyse opgeskort as gevolg van ‘n agterstand in die toetse wat die owerheid moet inhaal. Die opskorting tree vandag in werking en duur tot 8 Oktober. Aansoekers sal intussen datums en tye gegee word via die Paaie-owerheid se SMS-stelsel. Lede van die publiek wat vooraf bespreek het en bevestigings ontvang het sal steeds getoets word. Die owerheid het weer bevestig dat die opskorting net van krag is in Walvisbaai.