Geen kinders onder 13 na 23:00 in die strate

ʼn Aandklokreël is ingestel vir kinders jonger as 13 in Frankryk. Dit is die jongste maatreël van sy aard om jeuggeweld te bekamp. Verskeie Franse stede het al in die verlede tydelike aandklokreëls ingestel vir kinders. Jeuggeweld het egter ʼn belangrike politieke onderwerp geword in Frankryk. Die aandklokreël is ingestel in reaksie op ʼn toenemende getal jong minderjariges wat laataand op hul eie aangewese is en ʼn toename in stedelike geweld.

Daar word beveel dat alle persone jonger as 13 tussen 23:00 en 06:00 nie op straat mag wees tensy hulle deur ʼn volwassene vergesel word nie. Die aandklokreël is tot 30 September van krag. Ek dink jy daarvan? Moet Namibië dit nie dalk ook doen nie?