Oppas vir meer as een Paaseier!

‘n Dokter van die Nasionale Gesondheidsdiens in Engeland het homself die gramskap van vele Britte op die hals gehaal na ‘n waarskuwing dat mense nie meer as een Paaseier op ‘n slag moet eet nie. Dokter Andrew Kelso sê ‘n gemiddelde Paaseier bevat byna driekwart van die kalorieë wat ‘n volwassene daagliks nodig het. Hy sê tandbederf, vetsug en tipe 2 diabetes is wêreldwyd aan die toeneem en dis beter om matigheid voor oë te hou. Reaksie op sosialemedia het gewissel van “jy’s nie my ma nie” tot “ek gaan nou dadelik twee eet”.