Meer as 20 000 gevalle van pienkoog in KZN aangemeld

Die gesondheidsdepartement in KwaZulu-Natal het meer as 20 000 gevalle van konjunktivitis, of pienkoog, bevestig, met die hoogste aantal besmettings in eThekwini. Die virale infeksie, wat in Februarie opgespoor is by die Mangosuthu-universiteit, het versprei na gebiede soos King Cetshwayo, Umgungundlovu, Ilembe en Ugu. Die provinsiale hoof van die departement, Sandile Tshabalala, vra mense met simptome om mediese behandeling te kry. Hy voeg by E. coli is ‘n onwaarskynlike oorsaak van pienkoog.