Dimitrov skakel Alcaraz uit by Miami Ope

Tennis: Carlos Alcaraz se hoop op ‘n Sonskyn-dubbel is verpletter toe die topgekeurde Spanjaard gister met 6-2, 6-4 teen Grigor Dimitrov verloor het. Die elfde-gekeurde Bulgaar gaan nou een Alexander Zverev in die Miami Ope-halfeindstryd te staan kom. Dit was ‘n verpletterende nederlaag vir Alcaraz, wat vol selfvertroue was ná die Indian Wells en gehoop het om die eerste man te word om die Sonskyn-dubbel in te palm sedert Roger Federer in 2017. In die ander mans-halfeindstryd vandag, sal die tweede-gekeurde Jannik Sinner teen die derde-gekeurde Daniil Medwedef te staan kom.