Opname: meer as 75% van Afrikane verloor inkomste tydens pandemie

Die wêreld-leier in marknavorsing, Ipsos, sê volgens mense regoor Afrika het die korona-virus pandemie die laaste jaar ‘n beduidende uitwerking op hul lewenswyse gehad. Ipsos-kantore regoor die vasteland het na elke vlaag data versamel. Die jongste inligting dui daarop dat meer as ‘n driekwart van alle respondente ‘n gedeelte of hul hele inkomste verloor het sedert die uitbreek van die pandemie. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds sal Afrika miljarde Namibiese dollar oor die volgende paar jaar nodig hê om die gevolge van Covid-19 te hanteer.