Afrikadag: kreatiewe bedryf word gevier

Die kreatiewe bedryf sal ook vanjaar se 58ste bestaansjaar van die Afrika-unie wat vandag op Afrikadag herdenk word, vier. Volgens Netumbo Nandi-Ndaitwah, die Namibiese minister van internasionale betrekkinge is vanjaar se tema ‘Arts, Culture and Heritage: Levers for Building the Africa we Want’. Weens die Covid-pandemie is die kunste en vermaakbedryf erg geraak. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.