Opheffing van kwarantyn in SA is goed so, daar was mos sommiges…

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Departement van Gesondheid se besluit verwelkom om Covid-19-kwarantyn en kontak-nasporing op te skort. Dié maatreëls sal egter steeds in geval van groep-uitbrekings geld. Mense wat die siekte onder lede het, moet hulle nog steeds vir tien dae isoleer, hoewel ‘n negatiewe toets nie ‘n vereiste is om terug te keer werk toe nie. Angelique Coetzee van die vereniging sê dit was die regte besluit aangesien gevalle van die Omikron-variant matig is: