Jeug moet hand hê in Afrika-beleidsbesluite

Die Namibiese adjunkminister van inligting, Emma Theofelus sê meer jongmense moet betrokke wees by beleidsbesluite en ander strategiese planne van regerings regoor Afrika. Theofelus, 25 jaar oud, is self Namibië se jongste minister. Sy sê baie meer Emmas is nodig om te verseker dat toekomstige belange korrek aangespreek word. In haar mening kan die VN se volhoubare doelwitte alleenlik bereik word met jongmense se bydrae. Sy sê dit is teleurstellend dat 60 persent van die vasteland, wat die jonger bevolking is, al ewig agter gelaat word, en daarom is daar soveel frustrasie onder Afrika se jeug. Op die manier kan Afrika nie ontwikkel nie omdat daar nie vrede sal wees nie.