Opgradering van Pilditch-stadion werp vrugte af

Die Stad Tshwane se belegging in die opknapping van die Pilditch-stadion werp vrugte af aangesien die gerief ‘n Interhoër-atletiekbyeenkoms aangebied het. Die byeenkoms was ‘n merkwaardige sukses met baie hoërskool-atlete wat meegeding het. Skole in die land kon weens Covid-inperkings vir bykans twee jaar nie sportbyeenkomste aanbied nie. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê sport en oefening speel ‘n groot rol in kinders se ontwikkeling.